Dit lyk asof Suid-Afrikaanse vuisvoosverbruikers die gordels van sommer vroeg vanjaar af sal moet stywer intrek. Die paar
handjievol Suid-Afrikaners (ons meen tog
daar was heelwat van hulle) wat oor die
afgelope feesgety verkies het om vir die
eerste keer in ‘n lang tyd tuis te bly of dalk
aansienlik minder oordadig te wees en
met ‘n veel meer beskeie vakansie tevrede
was, was in alle waarskynlikheid die wyse
manne onder ons.
Dan
kan verbruikers hulself ook maar begin
staal vir die “gebruiklike” verhoging in
elektrisiteitstariewe terwyl ‘n styging in
rentekoerse ook nog in dieselfde kwartaal
verwag word. ‘n Mens kan nie help om te dink aan die ouers van leerders wat vanjaar
vir die eerste skool toe, of vir die eerste
keer hoërskool toe gaan nie. Die prys van
skoolklere en ander benodigdhede steek
lankal glad nie meer af by dié van gewone
klere nie, maar dit is nie hier waar dit ophou
nie. Dan wil Boeta of Sus vanjaar sekerlik
ook hul merk op die sportveld maak en
almal weet wat sporttoerusting deesdae
kos. ‘n Mens weet deesdae nie aldag meer
watter kant toe nie - alles kos by die dag
net veel duurder terwyl dit wat jy vir jou
geld kry, by die dag net kleiner of minder
word. Party van ons sal seker nog goed kan
onthou - die oumense het in ‘n stadium
dikwels al suggend opgemerk: “Al wat nog
ooit in hierdie land goedkoper geword het, is
ons geld!” ‘n Mens kan in hierdie tyd amper
nie aan ‘n groter
waarheid
dink nie...
Sommer hier in die tweede maand van die nuwe jaar is daar reeds talle aanduidings dat brandstofpryse, elektrisiteitstariewe en na verwagting ook rentekoerse gaan styg wat beteken dat die eerste kwartaal van 2022 nie ‘n verbruikersvriendelike periode gaan wees nie. Aan die ander kant, dalk het diegene wat die afgelope feesgety die bekers laat oorloop het en die tafels laat kreun het ‘n beter blik op die toekoms gehad omdat hulle dalk besef het dat hierdie waarskynlik die laaste oorvloedigheid in ‘n bitter lang tyd sou wees. Met die brandstofprys wat die afgelope paar jaar reeds omtrent elke maand of twee ‘n styging toon behoort dit nie ‘n verrassing te wees dat die volgende brandstofprysstyging sommer met die intrapslag van die eerste Woensdag in Februarie 2022 verwag word nie.
No comments:
Post a Comment