Friday, May 6, 2022

 Help die kindertjies - Care 2b Kind

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Care 2b Kind wil graag van die geleentheid gebruik maak om elke “engel” wat sover vir hulle ‘n bydrae gemaak het, te bedank. 


Daar is al amper R7 000 ingesamel en hulle vra asseblief dat elkeen wat hier lees, ‘n bydrae moet maak, sodat daar R45 000 ingesamel kan word. Hulle kan nie sekere gesinne uitsonder en slegs vir hulle kos gee en nie vir die ander nie en daarom vra hulle asseblief maak u harte oop vir die kindertjies in hierdie gesinne. Care 2b Kind het R45 000 per maand nodig om gedeeltelik in die behoeftige gesinne se behoeftes te kan voorsien. Dan is daar nog die melk en doeke wat aangekoop moet word - meer as 15 mammas wat op hulle staatmaak. 

Bankbesonderhede: Care 2b Kind, Absa-spaarrekening 9309 832 892, 632-005.

No comments:

Post a Comment