Wednesday, February 16, 2022

Vlatert in ‘n japtrap


Ek gaan nou oop kaarte speel: Ek het nog nooit in my hele lewe ‘n vlatert probeer maak nie. Die plan vir die tert het ontstaan nadat ‘n kollega verlede week verjaar het en ons met só tert kom bederf het. Maar het ek gesukkel om ‘n resep in die hande te kry! 

Ek het eindelik op een afgekom, maar dit so klein bietjie na my eie smaak aangepas. So klein bietjie raad: maak baie seker dat die vla heeltemal afgekoel is voor jy dit op die suurlemoenkondensmelklaag gooi. Indien dit nog warm is, gaan jy met ‘n loperige tert opgeskeep sit.

Bestanddele:

1l volroom Melk
80ml Suiker
200ml Vlapoeier
100ml Botter (gesmelt)
160ml Suurlemoensap (of na smaak)
Skil van 1 Suurlemoen (gerasper)
2 blikke Kondensmelk
2 pakkies Tennisbeskuitjies

Metode:

- Breek die tennisbeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter.
- Druk dan helfte van die beskuitjies as kors in ‘n tertbak.
- Sit in yskas tot vulsels gereed is.
- Kook 800ml van die melk, terwyl die vlapoeier met die ander 200ml aangemaak word.
- Sodra die melk kookpunt bereik, gooi ‘n bietjie van die warm melk by die vlapasta en gooi alles dan      terug in die pot by die res van die kookmelk.
- Roer tot die vla verdik.
- Haal van die hitte af en sit eenkant om deeglik af te koel.
- Gooi nou die kondensmelk in ‘n mengbak en voeg die suurlemoensap, asook gerasperde skil by.             Meng deeglik.
- Gooi jou kondensmelkmengsel oor die voorbereide kors.
- Volg met ‘n lagie van die van die gekrummelde beskuitjies. Hou bietjie oor om bo-oor te strooi.
- Gooi nou die afgekoelde vla oor en dan die laaste van die beskuitjiekrummels.
- Plaas terug n die yskas en verkoel goed voor opdiening. 

 






Deel 2: Is die mens sy troeteldiere se grootste vyand?

Die redakteur,

In die tweede aflewering van die mens wat sy eie huisdiere verwaarloos en verstoot, wil ek die volgende verhaal met u deel vanuit ‘n hond se belewenis: “My mense was so lief vir my toe ek klein was, hulle het my gekoester, my liefde gegee en met my gespeel. Toe word ek ouer, alles was nog reg, maar toe word ek in die motor gelaai. Min het ek geweet dat dit my laaste keer is dat my eienaars my ooit weer sal sien. Ek was nog opgewonde want vir die eerste keer ry ek saam, dit voel so lekker om saam te ry. Iewers stop die motor en ek voel dat dinge nie reg is nie. Die deur word oopgemaak en my eienaar haal my uit die motor uit. Ek hoor baie diere blaf en huil en toe raak ek vreesbevange. My eienaar hou my nog vir ‘n rukkie vas en sit my in ‘n hok buite ‘n vreemde plek waar die hekkie gesluit word.

Ek is so verward en met blydskap waai ek tog my stert en ek sien hoe my eienaar verdwyn en wegry. Ek hoor hoe almal huil om my en met my stert tussen my bene beleef ek ‘n vrees. Ek gaan lê op die kombersie wat in die hok neergelê is. Meteens sien ek ‘n vreemde mens naderkom. Ek blaf en knor maar ‘n hand reik uit en vryf my oor my kop en lyf. Ek is bang en kruip al hoe dieper in die hok in om weg te kruip. Die persoon praat met my en streel my en daarom kruip ek nader en wonder of sy my gaan seermaak of nie. Ek voel tog verlig, maar bang. Sy sit ‘n rukkie by my en dit voel so goed en lekker - dalk gee sy vir my om.

Later staan sy op en verlaat die hok met die hekkie wat sy agter haar toemaak. Nou is ek weer op my eie, alleen, kry nie geslaap nie want almal om my huil vir hulle eienaars en ek huil vir myne. Dit voel in die nagtelike ure so koud en alleen.

Al het ek genoeg kos en water, voel dit so alleen hier in die hok. Ek begin depressief raak want mense stap by my hok verby sonder om aandag te gee. In my gedagtes wonder ek wat moet ek doen om raakgesien te word, om net ‘n bietjie liefde te kry?

So gaan dae verby en weke en elke aand huil almal om my en elke dag blaf almal om my. Gaan iemand my kom haal, of gaan ek vir ewig alleen wees?”.

Spreuke 12:10 sê: “’n Goeie mens sien om na die welsyn (behoeftes) van sy diere, maar die goedheid van die goddelose is wreed teenoor sy diere”.

Pastoor Jackie Gouws

Wednesday, February 2, 2022

G-om Projek is dankbaar vir ou skryfbehoeftes

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Benewens G-om Projek se voedingskema, stimuleringsprogram vir voorskolers, toerusting vir al die nuwe graad 1-leerdertjies, kospakkies, ensovoorts, bedien hulle ook die afgelope ses jaar skole soos Moedwil, Duka, Kgalegatsane en Karlienpark met skryfbehoefte-pakkies wat kinders van vooraanstaande skole in Rustenburg aan hulle projek skenk, na afloop van hul akademiese jaar. 

Die gebruikte skryfbehoeftes word dan deur die toegewyde G-om span vrywilligers mooi versorg en verpak, sodat ander, wat nie so bevoorreg is nie, dit weer kan gebruik. Baie dankie Hoërskool Rustenburg dat jul inisiatief neem met die rooi sakkie-projek vir liefde en omgee. Hulle daag ook ander skole uit om in hierdie maand van liefde dit ook te wys met `n soortgelyke inisiatief, asseblief?

G-om Projek vind plaas vanuit die NG Kerk Rustenburg-Suid se kerksaal (wat hulle gratis beskikbaar stel ) vanaf Maandag tot Vrydag – 08:00 – 11:00. In hierdie tydsgleuf word voorskoolse kindertjies gestimuleer met `n opvoedkundige program om hul skoolgereed te maak en vaardighede te leer bemeester. Hulle benodig deurentyd vrywilligers op vele terreine. Alle gebruikte of nuwe skryfbehoeftes kan direk by die skooltjie afgelewer word gedurende die maand, sodat hulle so gou moontlik leerders wat nog skryfbehoefte-loos is, kan toerus vir hul akademiese jaar.

Kom raak betrokke! Jy sal verbaas wees oor hoeveel dit jou verander.

Vir meer inligting kan Linda Grobler (voorsitter en stigter) - 083 292 5654 of Marietha Hebst (sekretaresse) – 063 705 0304 gekontak word.

Municipal Valuation Roll a diplomatic approach to the truth


It it mind boggling why a world-class city such as Rustenburg (a favourite but obviously dubious description by former Rustenburg Mayor - Mpho Khunou of a city where almost everything goes wrong all the time) simply cannot manage to do the right thing at the right time. In this column we have repeatedly pointed out the inexplicable ability of our government - whether local, provincial or national, to say the most wonderful things in the most imaginative, almost fairy tale ways. But without exception one is tempted to say, this is as far as it usually goes. When it comes to getting the elbows greased or to see people putting their backs into something, that is an entirely different story - something rarely encountered. When it comes to the proverbial, “when the going gets tough, the tough gets going”, it is a cliche often employed lavishly by means of expression, but when it comes to putting our shoulders to it, we are not that extravagant. 

Take the Rustenburg Municipality’s controversial Valuation Roll for instance. For at least the past two years the Rustenburg Municipality has been struggling to get a new Valuation Roll adopted and running smoothly in collaboration with its surrounding community that is - or let’s be bold - the goose that lays the golden eggs. For by far the biggest part of two years however, the Valuation Roll has become a symbol of deception, of untruths, of promises and hopes that have not materialised and as a result of all of thus - something that is still incomplete and lacking in sincerity. It must be clear to everyone that the new, unrealistic and over-inflated Valuation Roll was nothing but a strategy to boost the coffers and income of the Rustenburg Municipality. Perhaps it would have been better for the Rustenburg Municipality to admit that it is practically bankrupt and that it desperately needs alternative sources of income to keep the boat afloat - it is with intent that we do not say to keep the wheels rolling because more often than not - they simply are not... 

Nonetheless, instead of being honest with its community, the municipality chose the path that we’ve seen during the past two years. (No, we are not referring to the sun scorched “new” Yellow Fleet earth moving equipment in Lucas Street). From the outset a lot of undertakings around the Valuation Roll has been promised. After the first wave of protests “the Valuation Roll would have been revised”, then that “certain changes would be made”, that an alternative Municipal Valuer would be appointed and that the former valuer would be dismissed without payment. The last of these undertakings were “personal engagement” with property owners and now out of the blue property owners must learn that the process has been concluded without any of these undertakings being met, though the relevant department chooses to insists that each and every landowner has been engaged in the process. 

One cannot help to come to the conclusion that the processed has been marred by dark motives, underhandedness and an extremely diplomatic approach to truthfulness.

 Viewpoint by Waldie Volschenk, 13 Coetzer Street, Rustenburg.