Die gebruikte skryfbehoeftes word dan deur die toegewyde G-om span vrywilligers mooi versorg en verpak, sodat ander, wat nie so bevoorreg is nie, dit weer kan gebruik. Baie dankie Hoƫrskool Rustenburg dat jul inisiatief neem met die rooi sakkie-projek vir liefde en omgee. Hulle daag ook ander skole uit om in hierdie maand van liefde dit ook te wys met `n soortgelyke inisiatief, asseblief?
G-om Projek vind plaas vanuit die NG Kerk Rustenburg-Suid se kerksaal (wat hulle gratis beskikbaar stel ) vanaf Maandag tot Vrydag – 08:00 – 11:00. In hierdie tydsgleuf word voorskoolse kindertjies gestimuleer met `n opvoedkundige program om hul skoolgereed te maak en vaardighede te leer bemeester. Hulle benodig deurentyd vrywilligers op vele terreine. Alle gebruikte of nuwe skryfbehoeftes kan direk by die skooltjie afgelewer word gedurende die maand, sodat hulle so gou moontlik leerders wat nog skryfbehoefte-loos is, kan toerus vir hul akademiese jaar.
Kom raak betrokke! Jy sal verbaas wees oor hoeveel dit jou verander.
Vir meer inligting kan Linda Grobler (voorsitter en stigter) - 083 292 5654 of Marietha Hebst (sekretaresse) – 063 705 0304 gekontak word.
No comments:
Post a Comment